Daar bestaan goeie hartseer

Lees ook :

Daar bestaan goeie hartseer
Daar bestaan goeie hartseer

Dié rubriek is deur Bybel-Media geskryf.

Wat om te maak met al die liefde wat ons het vir iemand wat nie meer met ons is nie

Om vertroosting met die dood van ’n geliefde  te vind, voel baie keer onmoontlik. Ongeag of ’n mens daarvoor gereed was en of dit veels te vroeg gebeur het, is dit swaar wanneer ’n geliefde sterf. Dit kan voel asof daar soveel liefde wat jy vir iemand het skielik nêrens heen het om te gaan nie. ’n Mens se gedagtes haak vas op elke oomblik wat jy nooit weer saam met die persoon sal deel nie, ’n leeftyd van mooi herinneringe en hartroerende ervarings wat net bloot eindig.

Al hierdie dinge verbind ons egter sterker aan ’n geliefde wat oorlede is. Ons liefde vir daardie persoon, en die liefde wat hulle self aan die wêreld gebring het, is oral om ons. Dit is met ons in tye wat ons dit nie verwag nie en só word daardie persoon deur liefde oorleef. Al die dinge wat ons “nooit weer” met ’n geliefde sal deel nie, word herinneringe wat ons juis “vir altyd” met hulle sal deel. ’n Mens weet nie wat om te sê as iemand sterf nie, maar daar is vele maniere om iemand in jou nagedagtenis te hou, ongeag.

  1. Praat oor hulle: Ander weet dalk nie altyd hoe om oor ’n geliefde wat oorlede is, te praat of woorde van bemoediging te deel tydens soveel hartseer nie. Daarom vermy mense soms die onderwerp en dink dit sal minder seermaak. Deur oor iemand te praat, skep egter keer op keer geleenthede om te besef hoe baie ’n geliefde vir ander ook beteken het en hoe hulle liefde bly voortleef.
  2. Begin ’n gedenktradisie: Baie dinge in ons alledaagse lewe begin nuwe betekenis kry wanneer ons dit aan die herinnering van ’n geliefde wat oorlede is, koppel. Om sulke ervarings ’n nuwe tradisie in iemand se eer te maak, kan ’n groot troos wees. Sit effens langer in die stilte. Lees hulle gunstelingboek. Gaan iewers heen waar hulle altyd gelukkig was. Dien ander in geloof soos hulle sou. Laat die klein dinge deel van jou liefdesbrief aan dié persoon se lewe word.
  3. Maak ’n skenking in hulle naam: Indien jy weet dat hulle ’n sagte plekkie vir ’n spesifieke inisiatief gehad het, of baie van hulle tyd aan ’n gemeenskapsprojek gewy het, kan dit vir jou gerusstelling asook nuwe waardering vir hulle toewyding aan ander bied. ’n Mens kan klere of boeke aan, onder andere, ’n kinderhuis of kerkgemeente skenk. Om self ’n donasie te maak, is nog ’n manier om dit waaroor hulle passievol was, te herdenk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief