Verdagte na vermiste man se moord gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Man (25) wat die middag van 14 Maart in Wrenchville vermis geraak het, se liggaam is op 19 Maart in Kuruman gevind. ‘n Verdagte is intussen gearresteer.

Kol. Cherelle Ehlers sê na bewering het die oorledene die oggend van sy verdwyning ‘n skoolseun (16) van sy selfoon beroof en is met geweld in ‘n voertuig wat skoliere vervoer, ingedwing. Die man se familie het hom as vermis aangemeld, waarna ‘n ondersoek geloods is met die polisie wat inligting opgevolg het. Die liggaam van die vermiste is na vyf dae in Kuruman gevind.

Ehlers bevestig ‘n verdagte (33) is gearresteer. Die ondersoek duur voort. Enigiemand met relevante inligting kan speur.sers. Donovan Loselo by 083 588 8803 bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief