Taxi ry bo-oor meisie

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Meisie (4) is vanmiddag (Vrydag) beseer, toe ‘n Toyota Quantum-minibus in Trenance Park bo-oor haar gery het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê dié diens is omstreeks 12:15 vir hulp na die toneel ontbied. Die bestuurder van die taxi het passasiers in Cottonrylaan afgelaai. Hy het aan Rusa-reaksiebeamptes gesê hy kon voel toe die taxi oor die meisie ry en het dadelik gestop. Hy het met die meisie na die nabygeleë Trenance Park-kliniek gehaas.

Rusa sê volgens die taxibestuurder het hy ‘n groep kinders, sonder toesig, in die pad sien speel en het nie besef een het afgedwaal en reg voor die taxi in geloop nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief