GQEBERHA. – ’n Chinese burger is Dinsdag 8 April in Gqeberha ontvoer. Hy was op die M19 op pad na sy besigheid in Kariega na hy by ’n mark aangedoen het.
Lees ook: Donald Trump beskuldig van markmanipulasie en binnehandel oor handelstariewe
Toe hy by die M17-afdraai kom, het ’n wit Toyota Quantum-minibus oorkant die pad gestop en op hom geskiet. Hy het stilgehou, waarna drie verdagtes hom uit sy voertuig gedwing en met hom weggejaag het.
Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en ontvoering. Die slagoffer word steeds gesoek.
Bronne: SAPD
Lees ook: Donald Trump beskuldig van markmanipulasie en binnehandel oor handelstariewe
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





