Gewonde Night van K9 keer vermeende inbreker aan

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Night, polisiehond verbonde aan die Gqeberha K9-eenheid, en AO Damian Theron het Maandagoggend op ‘n inbraak in aanvang in Woodside Grove, Providentia reageer. Die hond is tydens die insident beseer, maar het steeds ‘n verdagte (21) aangekeer.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die hanteerder en sy polisiehond is omstreeks 01:20 na ‘n huis in Glendoreweg waar ‘n veiligheidsmaatskappy reeds die misdaadtoneel beveilig het. Die eienaars van die huis was uit. Diefwering aan ‘n oop venster aan die agterkant van die huis is oopforseer en verwyder sodat ‘n verdagte toegang kon verkry. Polisielede het die perseel met toestemming betree.

Theron het K9 Night gebruik om die huis te deursoek toe daar geen reaksie op waarskuwings was nie. Tydens die deursoeking in die donker het die verdagte uit ’n kas gespring en na ’n venster gehardloop. Night het die verdagte gegryp, maar dié het die hond se ketting vasgevat en deur ’n groot venster gespring. Die verdagte het Night se kop na die gebreekte glas geforseer, waartydens die hond ernstige snywonde aan sy keel, nek en poot opgedoen het. Theron het hom dadelik oor Night ontferm en die bloeding gestop deur sy trui om die hond se nek te draai en hom vir behandeling na ’n plaaslike veearts te haas.

Die verdagte is gearresteer, vir mediese behandeling geneem en daarna op aanklagte van inbraak en betreding by Walmer-polisietasie aangehou. Hy sal na verwagting later in die week in die Gqeberha-landdroshof voorkom.

Night is in ’n stabiele toestand en word gemonitor. Gqeberha-K9 het hulle dank teenoor dr. Campher en die Walmer-veeartsenydienste vir hul vinnige optrede uitgespreek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief