Valke voer ‘n deursoeking-en-beslagleggingsoperasie by hooggeregshof uit

Lees ook :

Foto: Google Maps

GAUTENG. – ‘n Deursoeking-en-beslagleggingsoperasie is Dinsdag deur die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie by die Pretoria-hooggeregshof uitgevoer. ‘n Ondersoek is begin nadat ‘n saak in Maart by die Valke aangemeld is.

Kol. Katlego Mogale van die Valke sê volgens inligting hou die operasie verband met bewerings dat ‘n werknemer by die hof onwettig bedrieglike kennisgewings van mosie uitgereik het. Die werknemer sou glo hierdie dokumente aan buitelanders sonder geldige dokumentasie voorsien, met die doel om hul deportasie na hul lande van herkoms te verhoed. Verskeie items is vir verdere ondersoek gekonfiskeer.

Mogale bevestig die aksie is op een kantoor en ‘n individu gefokus wat vermoedelik sentraal tot die uitvoering van die misdrywe is.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief