Drie mense dood en verskeie beseer toe weerlig tempelkompleks tref

Lees ook :

Drie mense oorlede en verskeie beseer na weerlig tempelkompleks tref fotokrediet: X

KAMBODJA. – Drie mense is Vrydag dood en verskeie ander is beseer na die Angkor Wat-tempelkompleks in Kambodja deur weerlig getref is.

Lees ook: Vier dood en 20 beseer toe voertuigbom in Pakistan ontplof

Mense het in die omgewing van die hooftempel geskuil toe weerlig die kompleks getref het.

Verskeie mense is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling. Owerhede het nog geen inligting oor die voorval vrygestel nie, maar ’n amptenaar het anoniem aan The Associated Press gesê die drie slagoffers was almal van Kambodja.

Die Kambodjaanse minister van toerisme, Hout Hak, het Saterdag gesê mense moet ophou sosialemediaplasings oor die voorval maak, want dit “versprei negatiewe inligting” wat die land se toerismesektor kan skaad.

Bronne: Euronews, The Independent, CBS News

Lees ook: Vier dood en 20 beseer toe voertuigbom in Pakistan ontplof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief