GAUTENG. – Scebi Thabiso Nene (37) is Vrydag in die Pietermaritzburg-streekhof vir verskeie oortredings van die wet op kubermisdaad skuldig bevind en gevonnis. Nene het foto’s van die preident, ‘n voormalige polisieminister en die voormalige nasionale polisiekommissaris pornografies gemanipuleer.
Brig. Thandi Mbambo, woordvoerder vir die Valke, sê Nene het die foto’s via WhatsApp en amptelike presidensiële e-poskanale versprei. ‘n Saak is by die polisie aangemeld en die dossier is aan die Valke in Gauteng oorhandig. Nene is opgespoor en in Pietermaritzburg, in KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem. Hy het aanvanklik in die Pretoria-landdroshof verskyn, voordat die saak na die streekhof in Pietermaritzburg oorgeplaas is.
Nene is virvyf jaar direkte gevangenisstraf vir klagte 1 tot 67 (kubervervalsing) en drie jaar direkte gevangenisstraf vir klagte 68 tot 254 (kubervoorspraak en openbaarmaking van intieme data) gevonnis. Die hof het bepaal dat die vonnisse gelyktydig uitgedien moet word, wat ’n effektiewe vyf jaar direkte gevangenisstraf beteken.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





