Vier in die hof oor 2021 Julie-onrus

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Vier beskuldigdes het vandag (Dinsdag) op aanklagte van aanhitsing tot openbare geweld in die Roodepoort-landdroshof verskyn ná onrus in Julie 2021 deur ondersteuners van oud-pres. Jacob Zuma uitgebreek het.

Die verdagtes is Bekuyise Cebekhulu (58) van KwaZulu-Natal, Jimmy Sibeko (44), Busisiwe Skhosana (52) en Bogadi Mahisa (49) van Gauteng.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder vir die Valke, sê die verdagtes het na bewering aanhitsende boodskappe ter ondersteuning van Zuma in ’n WhatsApp-groep, genaamd ZUMA REAL ACTIVIST 100%, sowel as in ander groepe, gedeel. Dié boodskappe het glo tot openbare geweld en die plundering van kleinhandelswinkels in Gauteng en KwaZulu-Natal gelei.

Ondersoeke is deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad en die eenheid vir misdade teen die staat gedoen. Ná dit voltooi is, het die direkteur van openbare vervolgings besluit om diegene te vervolg wat boodskappe geplaas het wat tot die onrus gelei. Lasbriewe is goedgekeur en die verdagtes het hulself deur hul regsverteenwoordigers aan die owerhede oorgegee.

Die vier beskuldigdes is elk op borgtog van R1 500 vrygelaat. Hulle sal weer op 2 Julie 2025 in die hof verskyn. Verdere inhegtenisnemings word verwag.

Genl.maj. Ebrahim Kadwa, die provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, het die arrestasies verwelkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief