Elsa (42) en Johannes (4) Kleinhans, ma en seun, het Saterdagoggend in ‘n huisbrand in Karatara, Wyk 2, in Knysna se munisipale gebied gesterf.
Sers. Christopher Spies sê aan Nuusflits ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen nadat twee liggame Saterdag, omstreeks 06:45, van ‘n puinhoop in Akkerlaan in Karatara gehaal is. Die polisie is na die toneel van ‘n brandende huis ontbied, waar hulle dit in ligte laaie aangetref het. Die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word.
Volgens Zelma Stander op die Knysna Knysna Facebook-blad het die kleuterseun op sy vierde verjaardag gesterf. Twee persone het die brand oorleef.
Bronne: SAPD, Knysna Knysna, Knysna-Plett Herald en Knysna Fire-Facebook-bladsye
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





