President betuig medelye ná sewe verdrink, kinders steeds vermis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Pres. Cyril Ramaphosa het sy medelye betuig nadat sewe persone se liggame gevind is wat in oorstromings verdrink het. Drie kinders is van ‘n voertuig gered, maar nog kinders word vermis.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die president, sê in ‘n verklaring die dood van verskeie mense in die provinsie gaan met strawwe weersomstandighede gepaard. Ses persone se liggame is naby Mthatha en nog een naby Tsolo gevind. In nog ‘n voorval is ‘n voertuig wat skoolkinders vervoer, deur vloedwater meegesleur. Drie van die kinders kon gered word, terwyl van hulle skoolmaats steeds vermis is.

Ramaphosa sê hierdie en ander winterverwante voorvalle beklemtoon dat dit noodsaaklik is dat burgers versigtigheid, sorg en samewerking van die dag lê. Hy beklemtoon dat landswye wintertoestande mense, besighede, infrastruktuur en vee raak en lewens bedreig. Die Nasionale Rampbestuursentrum en ander owerhede monitor die situasie en lewer noodsaaklike dienste.

“Terwyl die regering sy pligte uitvoer, verwelkom ons die bystand van gemeenskappe, besighede, geloofsgebaseerde organisasies en instansies soos die Nasionale Seereddingsinstituut,” het Ramaphosa gesê.

“Ons moet na onsself en mekaar omsien, versigtig op paaie wees en by regulasies hou. Dit is ’n tyd vir probleemoplossing en samewerking, eerder as vir blaam.”

Lees die volledige verklaring hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief