GOODWOOD. – Die Wes-Kaapse anti-bende-eenheid ondersoek ’n moord en poging tot moord. Luidens die polisieverslag het ’n voertuig gistermiddag in Voortrekkerweg langs die slagoffer se voertuig stilgehou en op die insittendes geskiet.
Lees ook: Agt mense op grond dood in vliegtuigongeluk
‘n Man (55) is dood en ’n man (61) is gewond. Twee mans, 45 en 54, wat ook in die voertuig was, is nie gewond nie. Die gewonde slagoffer is na ‘n hospitaal geneem. Dit is onbekend wat die motief vir die skietery was. Die oorledene is geïdentifiseer as André Naudé. Hy was verhoorafwagtend vir die moord op Brian Wainstein saam met Jerome “Donkie Booysen” en Mark Lifman. Lifman is in November in George doodgeskiet.
Bronne: SAPD, EWN





