VRYSTAAT. – ’n Polisiebeampte (25) wat vir die beweerde verkragting van ’n 21-jarige vrou in hegtenis geneem is, is Donderdag deur die Kroonstad-landdroshof op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Phaladi Shuping, Opod-woordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die beampte en ‘n kollega is op aanklagte van verkragting en sameswering om verkragting te pleeg in hegtenis geneem. Die beweerde voorval het op 8 Junie by ’n Kroonstad-gastehuis plaasgevind.
Volgens inligting het die polisiebeamptes die twee vroue, albei 21, by ‘n nagklub ontmoet en is daarna saam na ‘n gastehuis waar die beweerde misdaad plaasgevind het.
Shuping bevestig die aanklag van sameswering om verkragting te pleeg, is intussen voorlopig, hangende verdere ondersoek, teen die ander polisielid teruggetrek.
Die saak is vir verdere ondersoek tot 23 Julie uitgestel.
Lees meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





