Strafregtelike klagtes teen Daybreak Farms se direksie oor hoenderramp

Lees ook :

Foto: NDBV

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) het strafregtelike klagtes teen Daybreak Farms se direksie aanhangig gemaak, ná ‘n ramp waarin meer as een miljoen hoenders weens verwaarlosing gely het.

Luidens ‘n verklaring van die NDBV het hul ondersoek ernstige nalatigheid, wanbestuur en ‘n versuim aan verantwoordelikheid aan die lig gebring. “Om die lyding van een dier vermenigvuldig met ‘n miljoen te aanskou, is nie net ‘n ramp nie – dis ‘n ernstige en moreel verwerplike fiasko,” sê senior inspekteur Nazareth Appalsamy.

Op 23 Mei 2025 het die Johannesburg-hooggeregshof ‘n tussentydse bevel teen Daybreak finaal gemaak. Die hof het die maatskappy se versuim om vir hul diere te sorg, en finansiële wanbestuur skerp gekritiseer.

Daybreak is deur die bevel gedwing om onder meer onmenslike praktyke te staak, behoorlike sorg te verseker en die NDBV se regskoste te betaal. Die NDBV waarsku egter dat hulle reeds meer as R580 000 aan die krisis bestee het en dat Daybreak se toetrede tot sakeredding die verhaal van koste bemoeilik.

Lees die volledige verklaring hier.

Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief