’n Vragskip wat sowat 3 000 nuwe voertuie van China na Mexico geneem het, het Maandag in die Stille Oseaan gesink.
Lees ook: Britse man in hegtenis oor ‘troue’ met kind (9) by Disneyland Parys
Die Morning Midas het gesink weke ná ’n brand die skip in die Stille Oseaan naby die Aleutian-eilande gestrand gelaat het. Al die bemanningslede is sonder enige voorval gered toe die skip op 3 Junie aan die brand geraak het.
Dit is onbekend of van die voertuie van die vragskip af verwyder kon word voordat dit gesink het. Daar was 70 elektriese voertuie en 680 hibriede voertuie op die skip.
Bronne: The Independent, CBC, The Indian Express
Lees ook: Britse man in hegtenis oor ‘troue’ met kind (9) by Disneyland Parys





