VK. – Drie voormalige senior werknemers by die Countess of Chester Hospital, waar die voormalige verpleegster Lucy Letby sewe babas vermoor het, is Maandag in hegtenis geneem vir growwe nalatige manslag.
Lees ook: Kouefronte begin Donderdag
Letby het tussen Junie 2015 en Junie 2016 sewe babas by die hospitaal doodgemaak en probeer om nog sewe babas te vermoor. Sy is 15 lewensvonnisse opgelê.
Die drie persone het tussen 2015 en 2016 as lede van die senior leierskorps by die hospitaal gewerk toe Letby daar in diens was. Hulle is in hegtenis geneem ná ’n ondersoek in 2023 begin is oor nalatige manslag en om vas te stel of daar “enige misdaad plaasgevind het in die reaksie ná die stygende getalle van babas wat by die hospitaal gesterf het”.
Die Cheshire-polisie het gesê dit ondersoek ook die dood van babas in Chester en in die Liverpool-vrouehospitaal waar Letby tot in 2012 opleiding gekry het.
Bronne: BBC, The Independent, Sky News
Lees ook: Kouefronte begin Donderdag





