TEXAS, VSA. – Owerhede het gister bekend gemaak die dodetal het tot 82, van wie 28 kinders is, gestyg ná die oorstromings in Texas.
Lees ook: 51 mense, insluitend 15 kinders, dood ná Texas-oorstromings
Texas se goewerneur, Greg Abbot, het gesê 41 mense word nog vermis, insluitend tien kinders en ’n volwassene van die Christelike kamp, Camp Mystic.
Abbot het gesê die soektog sal voortduur totdat almal gevind word. Hy het ook gewaarsku verdere swaar reënval word vir die gebied voorspel, wat tot meer gevaar kan lei.
Daar is kommer dat die dodetal kan styg soos nog liggame gevind word.
Bronne: Euronews, Sky News, CBS News
Lees ook: 51 mense, insluitend 15 kinders, dood ná Texas-oorstromings





