KYK: Polisiekommissaris sê oor beweerde ondermyning van taakspan om politieke moorde te ondersoek

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale polisiekommissaris, het Sondag tydens ’n mediakonferensie breedvoerig verslag gedoen oor die werk en ontwrigting van die polisie se taakspan wat politieke moorde ondersoek, asook beweerde pogings om die eenheid te ondermyn.

Lt.kol. Robert Netshiunda, die provinsiale polisiewoordvoerder, het die notas van die mediakonferensie vrygestel. Volgens Mkhwanazi is die taakspan in 2018 op aanbeveling van die Interministeriële Komitee wat deur die president in die lewe geroep is ná ’n toename in politieke moorde in die provinsie gestig. Die span het uit lede van die polisie en die nasionale vervolgingsgesag bestaan en is deur staatsveiligheid en korrektiewe dienste ondersteun. Die taakspan het ’n analise-geleide en vervolging-gedrewe ondersoekstrategie gevolg. Sedert sy ontstaan het die taakspan 612 sake ondersoek, 436 verdagtes in hegtenis geneem en 156 vuurwapens herwin, waarvan 55 ballisties aan politieke sake verbind is. Daar was 128 skuldigbevindings op 106 sake, met ’n gesamentlike vonnis van 1 801 jaar tronkstraf.

Mkhwanazi het Sondag bevestig dat 121 saakdossiere op 26 Maart 2025 sonder sy of die nasionale kommissaris se toestemming op instruksie van lt.genl. Shadrack Sibiya, die adjunk- nasionale kommissaris van die misdaadopspringseenheid van die taakspan, onttrek is. Sedertdien het hierdie dossiere, wat by hoofkantoor is, geen vordering gehad nie. Hy het verder aangevoer dat die taakspan in 2024 versoek is om die Gautengse eenheid vir georganiseerde misdaad te ondersteun. Hierdie ondersoek het na bewering ’n nasionale sindikaat ontbloot wat volgens hom politici, regslui, wetstoepassers en sakemanne insluit.

Daar is ook verwys na kommunikasie en bewyse wat glo verband hou met ’n sogenaamde poging om die taakspan te ontbind. Dit sluit in bewyse van selfoonboodskappe, betalings en kommunikasie tussen verdagtes en individue wat volgens Mkhwanazis aan staatsinstellings en die regering verbind word. Hy beweer die gebeure het die werk van die taakspan in Gauteng ontwrig.

’n Kriminele ondersoek is oor die beweerde infiltrasie deur georganiseerde misdaadsindikaatstrukture in die strafregstelsel van stapel gestuur. Die taakspan bly egter operasioneel ondanks die pogings om hul werk te ontwrig.

Die minister, president en verskeie ander organisasies het op die beweringe gereageer en koppe geëis.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief