KYK: ActionSA gaan teen krisis in strafregstelsel en SAPD betoog

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – “Mkhwanazi sal verdedig word solank as wat hy saam met Suid-Afrikaners staan en ons teen misdadigers verdedig!” – aldus Zwakele Mncwango, voorsitter van ActionSA in KZN.

Daar word na lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, KZN- provinsiale polisiekommissaris, verwys wat Sondag tydens ’n mediakonferensie breedvoerig verslag gedoen het oor die werk en ontwrigting van die polisie se taakspan wat politieke moorde ondersoek, asook beweerde pogings om die eenheid te ondermyn.

ActionSA het aangekondig dat hulle vandag om 11:00 voor die polisie se provinsiale hoofkantoor in KwaZulu-Natal sal betoog. Die party eis dringende optrede om die krisis binne die polisie en die breër strafregstelsel aan te spreek. Die betoging word deur Dereleen James en Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango gelei.

Lees ook meer hier:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief