Amerikaanse miljoenêr dood ná buffel wat hy wou jag hom deurboor

Lees ook :

Amerikaanse miljoenêr dood ná buffel wat hy wou jag hom deurboor het fotokrediet: Canva

LIMPOPO. – Die Amerikaanse miljoenêr, Asher Watkins, is Sondag oorlede nadat ’n buffel wat hy wou jag hom die naweek in Limpopo deurboor het.

Lees ook: Israel keur volledige oorname van Gasastad goed

Sy dood is deur die safarimaatskappy, Coenraad Vermaak Safari’s, wat hy vir ’n jaguitstappie betaal het, bevestig.

Volgens Coenraad Vermaak Safari’s is Watkins dood nadat ’n buffel, wat nie gewond was nie, hom sonder waarskuwing aangeval het terwyl hy dit met een van die professionele jagters en een van die spoorsnyers van die maatskappy gevolg het.

Coenraad Vermaak Safari’s het hulle medelye teenoor Watkins se familie en vriende uitgespreek en gesê hulle sal ten volle saamwerk met owerhede om seker te maak alle prosedures word gevolg.

Bronne: Coenraad Vermaak Safari’s

Lees ook: Israel keur volledige oorname van Gasastad goed

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief