WES-KAAP. – Metropolisiebeamptes het Saterdag meer as vier kilogram dagga in ’n huis in Fisantekraal gevind en die eienaar vir handel in dagga in hegtenis geneem.
Beamptes het inligting oor dwelms op die perseel ontvang. ’n Soektog het ’n sak met 3,39 kg dagga, ’n 221 g-pakkie, 92 bankies, 93 daggasigarette en kontant opgelewer.
In die afgelope week het die Stad se wetstoepassingsdienste 241 verdagtes in hegtenis geneem en 62 706 boetes vir verkeers- en verordeningsoortredings uitgereik.
Druk hier om meer te lees.





