LIMPOPO. – Avanya Espag (5) van Thabazimbi is op 29 Augustus deur ‘n kruising tussen ‘n bull mastiff en ‘n weimaraner in Thabazimbi aangeval en in haar gesig gebyt.
Anja Espag, Avanya se mamma, sê die bytaanval het diep en sigbare wonde aan haar gesiggie gelaat.
“Sy moet nou pynlike behandelings, rekonstruktiewe operasies en die trauma van hierdie ervaring deurmaak, sowel as die vrees om anders te lyk. Ons harte is gebroke. Al wat ons wil, is om vir Avanya die beste moontlike sorg te gee, van mediese behandeling en operasies tot emosionele ondersteuning, maar die koste is eenvoudig te groot vir ons alleen. Ons vra vandag om hulp. Jy kan Avanya op haar herstelpad ondersteun.”
Druk hier om toegang tot Avanya se BackaBuddy-skarebefondsingsprofiel te verkry.
Die skarebondsingsprofiel is oopgemaak om onder meer tot Avanya se mediese uitgawes en operasies by te dra sodat sy gevorderde mediese sorg by spesialiste of dokters kan ondergaan en vir emosionele ondersteuning en hulpbronne om haar selfvertroue te herstel.
“Elke bydrae, groot of klein, maak ’n verskil. Saam kan ons help dat Avanya weer glimlag, lag en skitter soos die lewenslustige dogtertjie wat sy is.”






