VSA. – Die FBI het ‘n beloning van $100 000 aangebied vir inligting wat sal lei tot die identifikasie en inhegtenisneming van die mense verantwoordelik vir die moord op Charlie Kirk.
Lees ook: Moordenaar van Charlie Kirk steeds gesoek
Kirk is op 10 September by die Utah Valley-universiteit doodgeskiet tydens ‘n geleentheid vir Turning Point USA, die organisasie wat hy gehelp stig het. Die FBI het ‘n video en foto’s van die verdagte vrygestel wat Kirk glo van die dak van ‘n gebou op die kampus doodgeskiet het.
Die verdagte het van die dak afgeklim en in ‘n beboste gebied ingeloop waar ‘n hoëkaliber-vuurwapen gevind is.
Dit is onbekend of die verdagte nog in Utah is.
Bronne: FBI





