MPUMALANGA. – Die Mpumalanga-wetgewer het glo Dinsdag ’n mosie aanvaar om belangrike landmerke, insluitend die wêreldbekende Krugerwildtuin, te hernoem. Die EFF het die mosie voorgelê en aangevoer die park en ander plekke moenie langer “apartheidsgeskiedenis verheerlik” nie.
Volgens die voorstel sal die Krugerwildtuin herdoop word na Skukuza Nasionale Park, die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe na DD Mabuza Internasionale Lughawe, en ’n stadion in eMalahleni na Veli Mahlangu-stadion.
Dit kan groot koste en uitdagings vir toerisme inhou, aangesien die Krugerwildtuin ’n internasionaal erkende handelsmerk is. Kenners sê openbare konsultasies en nasionale goedkeuring is nog nodig voordat die besluit in werking kan tree.
Druk hier om meer te lees.
Bronne: NWU News, The Citizen, Caxton Network en The South African





