VSA. – Elon Musk en prins Andrew se name is genoem in nuwe dokumente aangaande Jeffrey Epstein wat vrygestel is.
Lees ook: Epstein-slagoffers wil eie lys opstel
Die dokumente is deur die Jeffrey Epstein Estate aan die oorsigkomitee van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers oorhandig en wys dat Musk in Desember 2014 na Epstein se eiland genooi is. Musk het Vrydag gesê dit is “vals” maar het geen verdere kommentaar gelewer nie.
‘n Passasierslys vir ‘n vlug van New Jersey na Florida in Mei 2000 wys prins Andrew was een van die passasiers. Prins Andrew het voorheen heftig ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het.
Daar is ‘n dokument met ‘n verwysing van ‘n betaling vir ‘n massering van ‘n “Andrew” in Februarie en Mei 2000. Daar is bewyse dat Andrew in daardie datum in Amerika was, maar dit is nie duidelik of hy die “Andrew” van die dokument is nie.
Die dokumente wys ook dat Epstein in kontak was met Bill Gates, PayPal se medestigter Peter Thiel en Steve Bannon, Trump se hoofstrateeg tydens sy eerste termyn as president.
Bronne: BBC, Sky News, USA Today
Lees ook: Epstein-slagoffers wil eie lys opstel





