GAUTENG. – Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het bevestig dat dit Donderdag ’n operasie by die huis van Hangwane Maumela, sakeman, se woning in Sandhurst uitgevoer het. Dit is deel van die voortgesette ondersoek na beweerde korrupsie rakende die Tembisa-hospitaal, bekend as die #TembisaHospitalCapture-ondersoek.
Volgens ‘n sosialemediaplasing van die SOE vorm die optrede deel van “die implementering van ondersoekbevindinge en die hantering van gevolge”. Verdere besonderhede sal bekend gemaak word sodra die nodige regstappe voltooi is.
Die ondersoek duur voort.





