HONG KONG. – 2 mense is dood nadat ‘n vragvliegtuig by die Hong Kong Internasionale Lughawe van die aanloopbaan afgegly het en hulle patrollievoertuig in die see ingestamp het. Die vliegtuig het ook gedeeltelik in die see beland.
Lees ook: Egpaar dood nadat vliegtuig op hoofweg neerstort
‘n Patrollievoertuig van die lughawe is deur die vliegtuig getref toe dit van die aanloopbaan afgegly het. Die voertuig het in die see beland en tot die twee mense binne-in se dood gelei. Die vier bemanningslede in die vliegtuig het die ongeluk oorleef en is gered.
Owerhede is besig om die ongeluk te ondersoek . Lughawebeamptes het gesê hulle het die regte instruksies aan die vlieënier gegee en dat daar tekens op die aanloopbaan is om die vliegtuig te lei.
Bronne: BBC, DW, Irish Mirror
Lees ook: Polisie ondersoek bewerings dat prins Andrew inligting by polisie oor Giuffre wou bekom





