INTERNASIONAAL. – Ruth Chepngetich, die wêreldrekordhouer in die vrouemarathon, is vir drie jaar verban nadat sy erken het dat sy die reëls oor die gebruik van opkikkers oortree het.
Lees ook: Nog ‘n Franse museum die week beroof
Chepngetich is in Julie voorlopig geskors nadat sy op 14 Maart positief getoets het vir die middel hidrochloortiasied. Atletiek se Integriteitseenheid (AIU) wou Chipngetich vir vier jaar verban, maar dit is ná haar skulderkenning na drie jaar verminder.
Die AIU gaan steeds bewyse, tot boodskappe wat terugdateer na 2022, van Chepngetich se selfoon ondersoek wat “’n redelike vermoede skep dat haar positiewe toets doelbewus was” insluitend .
Al Chepngetich se uitslae, toekennings, titels en prysgeld sedert 14 Maart verkry, is verbeur.
Bronne: BBC, NBC Sport, The Independent
Lees ook: Nog ‘n Franse museum die week beroof





