WES-KAAP. – Die Suid-Afrikaanse Vloot het ’n kennisgewing vir beoogde skietoefeninge uitgereik. Volgens die vloot se amptelike waarskuwing, Coastal Navwarning 545 of 2025, word “alle vaartuie gevra word om weg te bly” en dat daar “potensiële gevaar bestaan indien vaartuie ongemerk die oefenarea binnegaan.”
Die SAS Simonsberg sal op 24 en 28 November van 08:30 tot 16:00 skietoefeninge by die Lower North-battery uitvoer.
Grofgeskut-oefeninge sal daagliks van 25 tot 28 November tussen 06:00 en 14:00 in Suidelike Valsbaai plaasvind. Die waarskuwing dui aan dat die skietoefeninge in die afgebakende gebied tussen die volgende koördinate sal plaasvind:
A: 34–10.0 S, 018–25.0 E
B: 34–11.0 S, 018–26.0 E
C: 34–15.0 S, 018–37.0 E
D: 34–07.0 S, 018–38.0 E
Die vloot het ook gevra dat troeteldiereienaars die nodige voorsorgmaatreëls vir hulle diere moet tref gedurende die hoorbare vuurwapengerigte oefeninge.
Druk hier om meer te lees.





