Stryd teen oorgrens-voertuigdiefstal werp vrugte af

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Voertuigdiefstal van voertuie wat glo vir buurlande bedoel is en oor die Limpoporivier gesmokkel word, word deurentyd deur die Niani-span in dié provinsie gestuit. Die Niani-span, bestaande uit Business Against Crime en plaaslike boere, wat saam met die polisie, weermag en grensbestuursowerhede sowel as buurtwagte werk, is vir hulle volgehoue pogings geprys.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die lof van lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, volg ná ’n gesamentlike operasie teen voertuigdiefstal in die Masisi-polisiëringsgebied in die Vhembe-distrik, waar ’n Toyota Fortuner Dinsdag uit die Limpoporivier herwin is. Die voertuig is as gesteel in Witbank, Mpumalanga, aangemeld.

In afsonderlike voorvalle is ’n Nissan Patrol wat in Brooklyn, Gauteng, gesteel is, asook ’n Toyota Quantum wat in Mutale agtergelaat is, teruggevind. Al drie voertuie is vermoedelik vir smokkel oor die grens bedoel.

Geen inhegtenisnemings is vir die voertuigdiefstal gemaak nie en ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief