INTERNASIONAAL. – Israeliese aanvalle het volgens die Libanese gesondheidsministerie minstens 12 mense in oostelike en suidelike Libanon doodgemaak in die jongste skending van ’n wapenstilstandsooreenkoms van 2024 met die gewapende groep Hezbollah.
Volgens SkyNews het Hezbollah bevestig dat ’n senior leier, Hussein Yaghi, in die aanvalle in die Bekaa-vallei dood is.
Hy is die seun van die voormalige Hezbollah-LP Mohamed Yaghi, en sy begrafnis sal volgens Hezbollah-media vandag plaasvind.
Altesaam 24 persone, insluitend drie kinders, is ook in die aanval beseer.
Vroeër Vrydag het ’n ander Israeliese aanval Ain al-Hilweh – ’n digbevolkte Palestynse vlugtelingkamp naby Sidon – getref en twee mense gedood.
Die aanvalle is onder die dodelikstes wat die afgelope weke in oostelike Libanon aangemeld is en hou die risiko in dat ’n wapenstilstand wat deur die VSA bemiddel is tussen Israel en Hezbollah verbreek kan word, te midde van gereelde oor en weer beskuldigings van skendings.
Top of Form
Bottom of Form
Bronne: SkyNews, Al Jazeera





