Rekenaartoetsing ‘goeie nuus vir padveiligheid’

Lees ook :

Foto: Ter ilustrasie

Gerekenariseerde toetsstelsels by leerlinglisensie-toetssentrums regoor Suid-Afrika begin vrugte afwerp in die stryd teen bedrog. Die slaagsyfer vir leerlinglisensies het van 68 persent na 40 persent gedaal – ‘n aanduiding dat minder onbevoegde bestuurders nou op Suid-Afrika se paaie beland.

Die Padverkeerbestuurkorporasie sê die stelsel het reeds ‘n merkwaardige verskil gemaak in die manier waarop leerlinglisensietoetse bestuur word. Die korporasie sê hulle is bemoedig deur die vordering wat gemaak is in die bekamping van korrupsie. Dié tegnologie is vyf jaar gelede ingestel nadat dit duidelik geword het dat korrupsie by toetssentrums handuit ruk.Beamptes het voor die verandering toegang tot vraestelle gehad en sommige van hulle het leerlinge teen betaling gehelp om te slaag. Die nuwe stelsel het daardie deur gesluit. Vraestelle word nou outomaties en lukraak deur die rekenaar gekies, sodat geen beampte vooraf kan weet watter vrae gevra gaan word nie. Punte word ook elektronies toegeken.

Die resultate is duidelik sigbaar en dit is goeie nuus vir padveiligheid in die land. Die korporasie erken egter dat sommige beamptes nog steeds maniere soek om die stelsel te omseil. Die korporasie tree daadwerklik op en inhegtenisnemings is al gemaak. Ondersoeke na moontlike begunstigdes is aan die gang. Leerlinge word gewaarsku om nie die beamptes te betaal om hulp te probeer kry nie. Diegene wat betrap word, sal in hegtenis geneem word en kan swaar strawwe in die gesig staar as hulle skuldig bevind word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief