Vermiste man – soektog duur voort

Lees ook :

Foto: Pink Ladies Organisasie en Missing Children Suid-Afrika

WES-KAAP. – ‘n Soektog duur voort na Michael Waltman (30) van Kuilsrivier wat vermis geraak het nadat hy by die Du Kloof-Lodge ingeboek het.

Volgens beskikbare inligting het hy Dinsdag alleen by Du Kloof-Lodge ingeboek. Sy kamer met al sy bestitings nog binne, behalwe sy selfoon en beursie, is Woensdagogend aangetref. Sy motor was ook nog op die perseel geparkeer. Hy is by die Paarl-polisie as vermis aangemeld. Hy word beskryf as ‘n man van gemiddelde, gespierde bou, ongeveer 1,7 meter lank en wat sowat 90 kilogram weeg. Hy het bruinerige hare van medium lengte, ‘n baie kort baardjie en blou oë. Hy was geklee in ‘n grys sweetpakbaadjie, swart broek en Nike aanglip-sandale.

Enigiemand met inligting oor waar Waltman hom bevind kan die volgende nommers bel: Paarl SAPD by 021 807 4002 of 021 807 4000, die Pink Ladies Organisasie op 072 214 7439 (ook WhatsApp), of Missing Children Suid-Afrika op 072 647 7464.

Nuusflits het polisiekommenaar gevra.

Bronne: CapeTownetc.com, SAPD, WAAR Brandit INNI KAAP, Mising Children South Africa, The Pink Ladies

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief