VRYSTAAT. – Riwaan Makada is op ‘n aanklag van strafbare manslag deur die Ficksburg-landdroshof op borg van R1 000 vrygelaat. Makada is in hegtenis geneem ná ‘n 12-jarige meisie tydens ‘n jag ‘n skietwond opgedoen en daarna gesterf het.
Volgens AO Mmako Mophiring is die saak tot 27 Julie uitgestel. Die meisie is glo per ongeluk Vrydag op die plaas Franshoek naby Ficksburg geskiet. Makada het saam met die oorledene se pa gejag en ‘n vuurwapen het glo afgegaan en sy is getref. Die meisie is vir behandeling na ’n plaaslike hospitaal gehaas, maar is omstreeks 09:00, dood verklaar.
Daar is op die verdagte se vuurwapens beslag gelê wat ballistiese toetsing ondergaan.





