JMPD-beampte se borgtogaansoek weer uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die saak teen Amukelani Musengi (40), ‘n beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), wat van die moord op ‘n kollega aangekla word, is in die Protea-landdroshof tot 13 Julie vir uitspraak in haar borgtogaansoek uitgestel.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê volgens die staat het Musengi in die vroeë oggendure van 28 Junie by ‘n kuierplek in Glenridge-uitbreiding 16 in Soweto glo in ‘n rusie met haar vriendin betrokke geraak. Sy het na bewering haar JMPD-kollega ontbied om in die situasie in te gryp. Toe die kollega by die kuierplek aankom, het Musengi se vriendin glo in die kollega se voertuig geklim, waarna hulle van die toneel weggery het. Die staat beweer Musengi, wat in daardie stadium nie aan diens was nie, het verskeie skote met haar diensvuurwapen op die bewegende voertuig geskiet. Haar kollega is noodlottig getref en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Musengi is kort ná die voorval in hegtenis geneem en staan tereg op ‘n aanklag van moord. Die hof sal na verwagting op 13 Julie uitspraak oor haar borgtogaansoek lewer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief