2-jarige kleuter na meer as 2 weke steeds weg

Lees ook :

Foto's: Wendy Pascoe en SAPD

GAUTENG. – Milano Jayson Tlali word sedert 30 Junie vermis. Die polisie het ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om te help om hom op te spoor.

Volgens die inligting wat deur die polisie bekend gemaak is, is Milano laas gesien waar hy buite naby Glenroy in Moffatview, Johannesburg, gespeel het. Hy het ten tyde van sy verdwyning ‘n blou baadjie en groen Springbok-broek aangehad. Milano het bruin oë, swart hare en is klein van postuur.

Enigiemand met inligting wat kan help om hom op te spoor, word versoek om die Moffatview-polisie se ondersoekbeampte by 082 461 5825 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief