Seun kritiek beseer ná val uit woonstelgebou

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n 9-jarige seun is vanoggend kritiek beseer nadat hy uit ‘n woonstel op die tweede verdieping in Helen Josephweg in Davenport, Durban, geval het. Die seun het sowat 20 meter geval en ernstige veelvuldige beserings opgedoen.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê nooddienste het kort voor 11:30 verskeie oproepe oor die voorval ontvang. Met hul aankoms was die metropolisie se soek-en-reddingseenheid reeds besig om die kind te behandel. Gevorderde lewensondersteuningsparamedici het hom op die toneel gestabiliseer voordat hy vir verdere dringende behandeling na ‘n gespesialiseerde hospitaal vervoer is.

Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief