Mans in hof ná beweerde roof by juwelierswinkel in Jeffreysbaai

Lees ook :

Foto: NVG

OOS-KAAP. – Vier mans het Dinsdag in verband met ’n roof by ’n juwelierswinkel in Fountains Mall in Jeffreysbaai in die Humansdorp-landdroshof voorgekom. Mfana Fikile Myaka (33), Siphelele Sithole (26), Bongani Radebe (33) en Ayanda Mbangata (36) staan tereg op voorlopige aanklagte van roof met verswarende omstandighede, die besit van gesteelde goedere en die onwettige besit van ammunisie.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê die mans word daarvan beskuldig dat hulle op 2 Augustus werknemers van Gabriels Jewellery in die winkelsentrum aangerand het voordat hulle met juweliersware ter waarde van sowat R3 miljoen gevlug het. Die vier is later dieselfde dag by die N2-windplaas in die Nelson Mandelabaai-metrogebied in hegtenis geneem. Juweliersware ter waarde van ongeveer R600 000 is glo in hul besit gevind, asook ’n AK-47-patroon waarvoor hulle na bewering nie wettige magtiging gehad het nie.

Siyabulela Swaartbooi, staatsaanklaer, sal borg teenstaan. Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 11 Augustus uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief