WES-KAAP. – ‘n 27-jarige taxibestuurder is Dinsdagoggend op die N2-snelweg naby Gugulethu doodgeskiet.
Volgens polisiewoordvoerder, konst. Ndakhe Gwala, het die voorval kort voor 11:00 plaasgevind. Die man is glo deur twee onbekende verdagtes in die rigting van die Kanana- informele nedersetting agtervolg. Hy het skietwonde aan sy kop opgedoen en is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Die polisie ondersoek die voorval as moord en sê die motief word vermoedelik met taxigeweld verbind.
Geen arrestasie is nog gedoen nie. Speurders volg alle beskikbare leidrade op.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: