Die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die uitbrand van 51 Putco-busse sal na verwagting vandag aansoek doen om borgtog.
Lees ook: Saak teen Putco-verdagtes tot môre uitgestel
Nog twee verdagtes is die week in hegtenis geneem vir die uitbrand van die busse. Al vier verdagtes sal vandag in die Mdutjana-landdroshof verskyn.
Die verdagtes word aangekla van skade aan eiendom. Die skade wat deur die uitbrand van die busse veroorsaak is, beloop ongeveer R65 miljoen.
Bronne: EWN, The Citizen, IOL
Lees ook: Saak teen Putco-verdagtes tot môre uitgestel
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: