Brekende Nuus
Afrikaans

Bekende skrywer C Johan Bakkes oorlede

Bekende skrywer C Johan Bakkes oorlede

fotokrediet: Vriende van NALN Facebook
Bekende skrywer C Johan Bakkes oorlede fotokrediet: Vriende van NALN Facebook

Die bekende skrywer C Johan Bakkes is gisteraand in die ouderdom van 69 in die Paarl oorlede.

Lees ook: Waarskuwing vir erge kouefront uitgereik

Luidens die Vriende van NALN Facebook-blad is hy oorlede ná ’n lang stryd met kanker.

Van sy bekendste boeke sluit in: Moer toe die vreemde in (2001), Nou’s ons in ons donner in (2006), Norrevǿk (2008), Samoe(r)sa reis (2010), Oepse Daisy (2011) en Openbaring: ‘n Reisjoernaal (2016). Bakkes was ‘n gebore storieverteller wat sy lesers na al die wonderlike plekke wat hy self besoek het, meegevoer het.

Skrywersbloed loop in die Bakkes-familie se are. Sy ma was die bekende skrywer Margaret Bakkes en sy een broer, Christiaan, skryf ook.

Bronne: Vriende van NALN Facebook, Wikipedia

Lees ook: Waarskuwing vir erge kouefront uitgereik