Brekende Nuus
Afrikaans

Fantastic Four-akteur, Julian McMahon oorlede

Fantastic Four-akteur, Julian McMahon, oorlede

fotokrediet: X
Fantastic Four-akteur, Julian McMahon, oorlede fotokrediet: X

FLORIDA, VSA.  – Die bekende Australiese akteur, Julian McMahon, is in die ouderdom van 56 oorlede ná ’n stryd teen kanker.

Lees ook: Kill Bill-akteur Michael Madsen oorlede

Sy vrou, Kelly McMahon, het in ’n verklaring aan Deadline gesê Julian is Woensdag in sy huis in Clearwater, Florida, oorlede ná ’n stryd teen kanker. Kelly het gevra vir privaatheid vir hulle gesin om te rou.

Julian McMahon was veral bekend vir sy rolle in Fantastic Four en in die televisiereeks Charmed.

Bronne: ABC News, New York Post, Sky News Australia

Lees ook: Kill Bill-akteur Michael Madsen oorlede