Brekende Nuus
Afrikaans

Nog twee in Mitchells Plain doodgeskiet

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Twee mans, onderskeidelik 21 en 23 jaar oud, is Sondag omstreeks 14:40 op die hoek van Cadillac- en Rileystraat in Beacon Valley doodgeskiet. Die Mitchells Plain-polisiekantoor ondersoek twee moordsake.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits verdagtes het met ’n rooi Toyota Corolla en ’n VW Polo in ‘n straat stilgehou en op twee mans wat in die straat gestaan het, geskiet. Die aanvallers het van die toneel gevlug en beide die slagoffers is deur mediese personeel dood verklaar. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die beweerde motief vir die voorval is bendeverwant. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]