Brekende Nuus
Afrikaans

Vyf doodgeskiet by mark in Bangkok

Vyf dood in massaskietery in Thailand

fotokrediet: X
Vyf dood in massaskietery in Thailand fotokrediet: X

THAILAND. – Vyf mense is gister in ’n massaskietery by die Or Kor Tor-kosmark in Bangkok, Thailand doodgeskiet.

Lees ook: Drie mense dood nadat vliegtuig in see neerstort

Die verdagte, wat ná die skietery selfdood gepleeg het, was ’n voormalige werker by die mark en het ’n dispuut met een van die slagoffers, ’n veiligheidswag, gehad.

Volgens die polisie het hy eers drie ander veiligheidswagte doodgeskiet en daarna die vierde een met wie hy ’n dispuut gehad het. Hy het daarna by die mark ingehardloop en ’n vroulike werker doodgeskiet en nog twee gewond voordat hy homself geskiet het.

Bronne: BBC, The Telegraph, ECR

Lees ook: Drie mense dood nadat vliegtuig in see neerstort