Brekende Nuus
Afrikaans

Vier mense dood ná helikopter in kraglyne vasvlieg en neerstort

Vier mense dood ná helikopter in kraglyne vasvlieg en op pontoon neerstort

fotokrediet: X
Vier mense dood ná helikopter in kraglyne vasvlieg en op pontoon neerstort fotokrediet: X

ILLINOIS, VSA. – Vier mense is dood nadat ’n helikopter gister naby Oos-Alton, Illinois, in kraglyne vasgevlieg en neergestort het.

Lees ook: Bus en trein bots in Kenia

Twee werkers van Ameren wat aan die kraglyne gewerk het, is oorlede nadat die helikopter die kraglyne getref het. Ameren, ‘n elektrisiteit- en gasverskaffer, het bevestig ’n kontrakteur en subkontrakteur was besig met herstelwerk toe die helikopter die kraglyne tref.

Die federale lugvaartadministrasie het bevestig die twee mense in die helikopter het ook omgekom.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die federale lugvaartadministrasie en nasionale vervoerveiligheidsraad ondersoek.

Bronne: The Independent, NBC News, NDTV

Lees ook: Bus en trein bots in Kenia