LIMPOPO. – Vyf weermaglede en twee Zimbabwiese burgers het Donderdag op verskeie aanklagte in die Musina-landdroshof verskyn. Die weermaglede is elk op borgtog van R5 000 vrygelaat, terwyl die Zimabwiërs in aanhouding bly.
Mashudu Malabi-Dzhangi, NVG-woordvoerder, sê die verdagtes word van die besit van onwettige sigarette, besit van ammunisie en regsverydeling beskuldig. Volgens die aantygings het die beskuldigdes op 16 September ’n groep smokkelaars met 24 bokse Remington Gold-sigarette, ter waarde van sowat R300 000, by die Artonvilla-basis (Sediba Sa Tlou) onderskep. Slegs 18 bokse daarvan is glo aan die SAID verklaar, terwyl ses bokse in kamers op die weermagbasis versteek is.
Tydens ‘n polisieondersoek is die bokse onder die verdagtes se beddens gevind. Twee siviele persone is ook tydens die ondersoek ontdek waar hulle by die basis weggekruip het. Al sewe die verdagtes is onmiddellik gearresteer.
Die saak is vir verdere ondersoek is tot 14 November uitgestel.
Lees ook meer hier onder: