Brekende Nuus
Afrikaans

Kaapstad vra vir selfoonseinblokkasie by Pollsmoor

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, het die gebruik van selfoonsein-blokkasietegnologie by Pollsmoor-gevangenis bepleit.

Luidens ‘n verklaring deur Lyndon Khan, burgemeesterswoordvoerder, word misdaad en afpersing volgens die burgemeester per selfoon vanuit die tronk gekoördineer. Hill-Lewis het aan Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, geskryf en die stad se steun aangebied om die tegnologie te toets. Hy het die stad se volle steun aangebied om gevorderde seinblokkasie by Pollsmoor te toets, insluitend die deel van intelligensie, tegniese en logistieke ondersteuning en openbare bewusmakingsveldtogte. Dit terwyl Groenewald reeds ’n verskerpte veldtog teen onwettige selfone in tronke aangekondig het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid, sê voorts die paroolstelsel bly ook ’n probleem, aangesien herhalende oortreders steeds gemeenskappe teister.

Druk hier om meer te lees.