Brekende Nuus
Afrikaans

Ondersoek na dood van drie konstabels duur voort

Ondersoek aangaande dood van drie konstabels duur voort

fotokrediet: SAPD
Ondersoek aangaande dood van drie konstabels duur voort fotokrediet: SAPD

CENTURION. – Die ondersoek aangaande die dood van konst. Keamogetswe Buys (30), konst. Boipelo Senoge (20) en konst Cebekhulu Linda (24) duur voort.

Lees ook: Voertuig wat gevind is, behoort aan konstabels

Die konstabels se liggame is vroeër vanjaar in die Hennopsrivier in Centurion gevind nadat hulle as vermis aangemeld is terwyl hulle op pad van Bloemfontein na Limpopo was.

Nadoodse ondersoeke is uitgevoer nadat die konstabels se liggame gevind is, maar die finale uitslae van hierdie toetse is nog nie bekend nie. Die polisiewoordvoerder, brig. Athlende Mathe, het gesê die voorlopige uitslae van die nadoodse ondersoeke is ontvang, maar nog meer word verwag.

Bronne: SAPD

Lees ook: Drie konstabels sedert Woensdag vermis