Brekende Nuus
Afrikaans

Ramaphosa spreek vanaand die nasie toe

Foto: Regering van SA
Foto: Regering van SA

President Cyril Ramaphosa sal vanaand (Sondag, 30 November 2025) om 19:00 die land toespreek ná Suid-Afrika se suksesvolle aanbieding van die G20-leiersberaad in Johannesburg.

Die toespraak sal vanaf die Uniegebou in Pretoria uitgesaai word. Die SABC voorsien ’n regstreekse televisiestroom aan alle mediahuise, terwyl die presidensie ook die verrigtinge op sy digitale platforms sal uitsaai.

Bronne: IOL, SABC News, The Mercury