Brekende Nuus
Afrikaans

Ontbinde oorskot vermoedelik van verkragtingslagoffer

Die ontbinde oorskot van 'n vermoedelike verkragtingslagoffer is deur 'n verbyganger ontdek.

Foto's: Reaction Unit South Africa
Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die ontbinde oorskot, vermoedelik van ‘n verkragtingslagoffer, is Dinsdagmiddag in ‘n suikerrietplantasie in Blackburn gevind.

Volgens Reaction Unit South Africa het ‘n verbyganger omstreeks 17:59 vir hulp gekontak nadat hy die maaieroortrekte oorskot gevind het toe hy na die oorsprong van ‘n skerp reuk gesoek het.

Met reaksiebeamptes se aankoms op die toneel is ‘n groot skare mense aangetref. Reaksiebeamptes is deur die persoon wat die oproep gemaak het na die oorskot gelei. Die grootste gedeelte van die liggaam was reeds skeletagtige oorblyfsels. ‘n Sweetpakbroek en onderklere van die oorledene was tot op die enkels afgetrek.

Die SAPD stel volgens reaksiebeamptes verdere ondersoek in.

FiND iT het polisiekommentaar gevra.

Bron: Reaction Unit South Africa